Lojale polisiebeamptes vereer met diens medajles

 Lojale polisiebeamptes vereer met diens medajles

Foto: Verskaf @LUR Nomandla Bloem

Gister het die Noord-Kaapse polisie, onder leiding van die waarnemende provinsiale kommissaris Generaal Majoor Joey Kers ‘n medaljeparade by die 3 SAI Militêre Basis, op Roodepan in Kimberley aangebied.

‘n Woorvoerder vir die polisie

, het bevestig dat die geleentheid ook bygewoon was deur verskeie hooggeplaastes, insluitend die LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling, me Nomandla Bloem, ministeriehoof, mnr Diraditsile en die waarnemende departementshoof vir Vervoer, Veiligheid en Skakeling, Mnr Wolfe, asook die Uitvoerende Burgemeester van John Taolo Gaetsewe Distriksmunisipaliteit, Raadslid Mogatle, die Provinsiale Voorsitter van die Gemeenskapspolisiëringsraad, Mnr Homan, die Adjunk Provinsiale Kommissaris vir Misdaadopsporing, Generaal Majoor Koliswa Otola, die waarnemende Adjunk-provinsiale kommissaris vir polisiëring, Brigadier Hennie van Rensburg, provinsiale hoofde van distriks- en stasiebevelvoerders, hoofde van entiteite en departemente.

“Een-en-tagtig(81) SAPD-lede van regoor die provinsie is met 30, 20 en 10 jaar lojale diensmedaljes beloon”, het Gamieldien gesê.

Generaal-majoor Kers self wat ook 42 jaar van lojale en toegewyde diens voltooi het, is ook tydens die parade erken en waardeer.

Generaal Kers het in sy toespraak te kenne gegee dat hy geëerd en bevoorreg is om die medaljes toe te ken, aangesien dit sy laaste medaljeparade was.

Kers gaan volgende maand aftree.

“Hy het die lede waardeer en erken vir hul baie persoonlike opofferings wat gedurende hul loopbane gemaak is, en sy dank uitgespreek teenoor die families van die medalje-ontvangers vir die deel van hul lewensmaats, gades, mans en vrouens met die SAPD”, het Gamieldien bygevoeg.

LUR, me Nomandla Bloem het in haar hoofrede gesê: “Ek is hier om die feit te eer dat jy in ‘n omgewing werk wat soms gevaarlik en eensaam en ondankbaar kan wees. ‘n Oneindige stortvloed van oproepe, wenke, geweld en trauma, ons staan sterk verskuldig vir julle diens. Hiervoor is nie eers ‘n blote medalje genoeg nie. Ons waardering en dankbaarheid is onbeperk. Ons dank God dat Hy julle bewaar en vashou om dit vir julle land te doen.”

Die medaljes is oorhandig deur LUR Bloem en die waarnemende provinsiale kommissaris, Generaal Majoor Joey Kers.

Die program is afgesluit deur die adjunk-provinsiale kommissaris vir misdaadopsporing, Generaal Majoor Koliswa Otola wat die dankstem gelewer het.

Bernadine Hearn

Related post