Man vas vir die besit van beskermde plante

 Man vas vir die besit van beskermde plante

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

‘n Man is vroeër die week op Upington in hegtenis geneem toe hy in  besit gevind van bedreigde plantspesies.  

Die waaksaamheid van adjudant-offisier Riet en konstabel Hans van die Upington-landdroshof het die manlike taxibestuurder vasgetrek.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Luitenant-Kolonel Sergio Kock het bevestig dat die polisiemanne het die verdagte taxi met ‘n sleepwa vol sakke opgemerk en dadelik gestop en dit deursoek.

“Die passasiers het bevestig dat die verdagte bagasie aan die taxi  bestuurder behoort en daarom is hy deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens inhegtenis geneem,” het Kock gesê.

Die verdagte sal binnekort in die Upington-landdroshof verskyn op ‘n klag van die onwettige besit van beskermde flora.

Die ondersoek duur voort.

Bernadine Hearn

Related post