Die grootmense sê altyd wanneer dit reën op jou spesiale dag, dan sal jou jaar geseënd wees.

Die eerste skooldag van 2023 het met donderslae  en reën begin.

By Concordia Hoërskool se byeenkoms kon die see van blou en wit gewaar word.

Die LUR van COGHSTA in die Noord-Kaap, mnr. Bentley Vass het die leerders toe gespreek, waar hy hulle verras het met ‘n geskenk om stoele aan te koop.

“Ek het gekonsulteer met die hoof van die departement, mr. Pushe en  gevra heokom is hier nie  stoele vir die leerders nie. Hy het toe aan my gesê dat ons  stoele sal  skenk vir die skool. Ons gaan seker maak dat volgende keer wanneer ons weer kom dat hier stoele is, en seker maak dat ons R50 000 gaan skenk vir stoele,” het Vass gesê.

Die leerders en die onderwysers was opgewonde oor die aankondiging wat  gemaak was en  nou het hulle nie meer nodig om op die sementblad te sit tydens byeenkomste nie.

Hy het verneem dat daar ongeveer 500 leerders op die skoolrol is en dat hulle mooi lyk in hul skool uniforms.

Dit verwys dissipline en orde op die skool en dit is ook hoekom die uitslae van  die skool so goed is.

Namens die regering van die dag is hul fokus om seker te maak dat die kinders maak ‘n sukses van hul skool loopbaan en verval in die armoede van die gemeenskap nie

Armoede gaan gepaard met ‘n reeks van ander uitdagings, en daarom wil die regering die leerders aanmoedig om hul skoolloopbaan ernstig op te vat.

Die primêre doel moet wees om opvoeding te ontvang, om gehoorsaam te wees en te luister as daar gepraat word.

“Ons het ‘n visie as die Noord- Kaap regering om  ‘n moderne provinsie te word, maar wat ook ekonomiese groei toon. Dit kan alleenlik geskied as daar saam gewerk word, leerlinge met onderwysers, om seker te maak dat dit gebeur. Die gemeenskap is baie belangrik in die verband en kan nie uitgelaat word in die skool se opvoeding,” het Vass bygevoeg.

Die regering maak seker dat kinder kos kry by die skool, omdat sommige van hulle nie eens ‘n maaltyd gehad het voor hy skool toe gegaan het.

Vass en sy departement het ook ander geskenke gaan oorhandig aan die leerders, in die vorm van sanitêre doekies en ‘n R5 000 vir skoolklere.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *