Die LUR vir Onderwys in die Noord-Kaap, Abraham Vosloo, het Dinsdag, 13 Mei 2025, in Aggeneys vergader met verteenwoordigers van Vedanta Zinc International om die bestaande vennootskap in onderwys verder te versterk.
Die ontmoeting het plaasgevind met mnr. Neville Basson, mnr. Jerome De Wee en mnr. Chris Fortuin van Vedanta.
Vedanta Zinc International wat deel vorm van die Black Mountain Mine kompleks, is ‘n sleutelvennoot van die Noord- Kaapse Onderwysdepartement.
Die maatskappy bied tans jaarlikse finansïele ondersteuning aan 11 openbare skole en 12 gemeenskapsgebaseerde sentrums in die Namakwa distrik.
LUR Vosloo het hul waardering uitgespreek vir Vedanta se volgehoue ondersteuning en belegging in gehalte openbare onderwys.
Hierdie vernnootskap onderstreep die belang van samewerking tussen die privaat en openbare sektor om onderwysgeleenthede en leeruitkomste in plaaslike gemeenskappe te verbeter.
“Onderwys is ‘n maatskaplike saak,” het Vosloo beklemtoon.
