Gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Kimberley het Macdonald Peloebuang Gaelejwe (48) op Woensdag 20 September 2023 skuldig bevind.
Hy is gevonnis tot ‘n boete van vyftigduisend rand (R50 000-00) of twaalf (12) maande gevangenisstraf vir die oortreding van die Wet op Belastingadministrasie 28 van 2011.
Valke woordvoerder, Adjudant-offisier Nomthandazo Mnisi het bevestig dat tussen die jare 2014 en 2018 het Gaelejwe, die direkteur van Obontse Trading, Projects CC en Projects CC, versuim om die genoemde maatskappye binne 21 werksdae vir BTW te registreer.
Die totale waarde van belasbare inkomste wat deur Obontse Trading and Projects BK in ‘n 12 maande tydperk gemaak is, het R1 miljoen oorskry.
“Hy is ‘n boete van vyftigduisend rand (R50 000-00) of twaalf (12) maande gevangenisstraf opgelê. Boete betaalbaar soos volg: tweeduisend rand (R2000-00) voor of op die 7de Oktober 2023. Daarna tweeduisend rand (R2000-00) voor of op die 7de van elke kumulatiewe maand totdat die boete ten volle afbetaal is. Beskuldigde nie onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit nie,” het Mnisi gesê.
Die waarnemende provinsiale hoof, brigadier Prince Mashimbye, is tevrede met die ondersoekspan en het die lede bedank vir die suksesvolle skuldigbevinding.
