Man in blou wil ‘n verskil maak met sy musiek.

 Man in blou wil ‘n verskil maak met sy musiek.

 Die Wes-Kaapenaar, oorspronklik van Grabouw in die Overberg  voel dat hy Namakwaland-bloed in sy are het.

Die jongman is woonagtig in Namakwaland  vanaf die ouderdom van vier.

As tiener het Poke Jonkers begin om na rymklets musiek  (Rap)  te luister.

Hy is geïnspireer deur plaaslike kunstenaars soos Vito en het verlief geraak op Hip-Hop as gevolg van Mc Earl.

Hy beskryf sy musieksmaak as divers en pakkend.

Jonkers verduidelik dat hy daarvan hou om te rap oor die dinge wat hy in sy gemeenskap sien gebeur.

Sy skryfwerk word gebaseer op ware gevoelens en dat dit iets baie geestelik vir hom is.

Jonkers sê dat hy dink die verandering in skryfstyl is te wyte aan sy lewenservaring en verandering in perspektief op sekere dinge. “Die Jeug” was een van sy werk wat hy die vinnigste gekomponeer en getoonset het ,vertel die opkomende rapper.

“Een aand was ek by die werk, terloops ek is ‘n polisiebeampte, het woorde net by my gekom en ek het ‘n pen papier geneem en begin skryf. Ek was so geïnspireer deur my werk dat ek dadelik die liedjie opgeneem het. Ek het die liedjie vrygestel en dit was ‘n treffer,” het hy gesê.

Hy voel dat die liedjie so suksesvol was omdat dit oor dinge gegaan het wat in ons gemeenskap gebeur en jongmense kon vereenselwig met die lirieke.

Jonkers verduidelik dat musiek sy passie is en nie noodwendig vir wins is nie.

Graag wil hy ’n verskil maak deur oor sosiale en ekonomiese probleme in sy musiek te praat.

Jonkers wil die jeug inspireer deur hulle bewus te maak van probleme soos dwelmmisbruik en die impak van misdaad op ons ekonomie.

“Ek is lief  vir my werk as polisiebeampte en geniet dit om my gemeenskap te dien. Ek wil graag my aanhangers bedank dat hulle altyd lojaal is en my altyd gedruk het om beter te doen,” voeg hy by.

Hy sê dat jongmense altyd nederig moet bly en om nie beperkings te stel wanneer dit kom by hul drome en aspirasies nie.

Azelle Engelbrecht

Related post