Strauss droom groot in haar musiek talent

 Strauss droom groot in haar musiek talent

Foto: Verskaf @Nicolia Strauss

Die tweede seisoen van Jou Storie het op ‘n hoë noot afgeskop en beloof om nog vele interressante stories van plaaslike kunstenaars in die Namakwa distrik op te lewer.

Wie sou dink dat die streek soveel talent het en wat wat op die Jou Storie – platforme gebruik word om plaaslike talent ten toon te stel, elke Vrydag op Radio Nfm?

Die seisoen stel weereens nie teleur nie, want dit is propvol plaaslike talent.

Die 20 jarige Nicolia Strauss is tans besig om Maatskaplike Werk te studeer aan die Universiteit van Stellenbosch.

Strauss was ‘n baie teruggetrokke jong dame met  geen selfvertroue  nie.

Sy het op die ouderdom van 7 jaar begin sing, nadat sy haar niggie op die ouderdom van 12 jaar verloor het en het daardeur ‘n betekenisvolle rede gevind om te sing.

“Op daardie stadium het ek my liefde vir klassieke musiek ontdek, waarvan ek by verskillende geleenthede begin optree het. Ongeveer drie jaar gelede het ek my pa aan die dood afgestaan, en hy was een van my grootste ondersteuners en het altyd oral saam my gegaan,” vertel Strauss.

Dit is in kort haar inspirasie vir musiek.

Sy skryf nie haar eie musiek nie, en doen “cover versions”.

Baie musikante is vertroud met die gesegde wat sê dat jy probeer net voorgee dat almal in die gehoor kaal is.

Wat haar baie help wanneer sy op die verhoog is, is dat sy haar verbeel dat sy die enigste persoon in die gehoor is op daardie tydstip, en om net haar oë toe te maak en om net te begin sing.

Geen familie lid van haar het ‘n musikale agtergrond nie, dit maak van haar die enigste een wat kan sing.

Voorheen het sy in verskeie prys- en aanbiddings groepe gesing, en hou van klassieke musiek, “soul” en “R&B” en die “Blues”.

Wanneer sy optree by verskillende funksies, maak dit nie inbraak op haar private lewe nie en dit  bots nie met haar studies nie.

Op die  oomblik het sy geen mentor nie, maar haar vorige mentors was Mnr. Shaun Kuswayo en Dr. Calvino Watt.

Kuswayo het haar  gehelp met die skoolkoor, soos met haar Opera. Watt op sy beurt het haar gehelp met die prys en aanbidding en as sy ‘n solo-optrede moes doen.

Musiek is altyd daar vir haar, hetsy gelukkig of ongelukkig is en vir haar is dit haar “go to.”

Musiek kan mense bymekaar bring en dan het dit die vermoë om eenheid te skep en soms kan sê dit wat ‘n mens nie in woorde kan omsit nie.

Sy sien musiek as ‘n beroep en dit is een van haar grootste droom om in die grootste Operahuis die solo van haar drome te kan lewer.

Sy kan ‘n paar note speel op die klavier en die viool en die viool verg baie konsentrasie en dissipline. 

Sy is nog nie ‘n gevestige musikant nie, maar as sy gevra word om ‘n cover te doen tree sy met graagte op.Haar musiek kan op sosiale platforms gekry word.

Haar grootste wens is om deel te word van  Stellenbosch Universiteitskoor met hul uiters streng toelatingskriteria.

Sy het wel twee keer oudisies gedoen en was nie suksesvol  nie.

“Ek hoop van harte dat ek deel sal kan word van die koor. Om te kwalifiseer moet jy uitnemend wees in jou akademiese prestasies, hulle kyk na jou musikale agtergrond en jou opleiding  in musiek het”, het sy bygevoeg.

Bernadine Hearn

Related post