Op Woensdag, 13 Julie 2022 omstreeks 12:15 is ‘n 26-jarige man deur Deben SAPD-lede gearresteer vir die besit van dagga.

Nadat hulle ‘n wenk ontvang het, het Sersant Gregory Nyl, Konstabels Kabelo Dikgetsi en Keoagile Moncho ‘n huis by Riemvasmaak-afdeling gaan deursoek.

“Tydens die soektog is beslag gelê op 806 gram dagga met ‘n geraamde straatwaarde van R4 000 en ‘n onbekende bedrag geld en die verdagte is in hegtenis geneem,” het Kaptein Mosimaneotsile Letsapa, polisiewoordvoerder gesê.

Die verdagte sal binnekort in die Kathu-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dagga.

Written by:

Catch Marsilino LaPont weekdays between 06H00 - 09H00, on Morning Joy! LaPont is a radio news anchor, radio journalist and presenter.