Verdagtes agter tralies vir die besit van verbode vuurwapens en die onwettige besit van ammunisie.

 Verdagtes agter tralies vir die besit van verbode vuurwapens en die onwettige besit van ammunisie.

Foto: Verskaf- Facebook

Twee mans van Hartswater is agter tralies nadat hulle aangekla is vir die oortreding van die Vuurwapenbeheerwet 60 van 2000 vir die besit van verbode vuurwapens en die onwettige besit van ammunisie

Op Woensdag, 13 Julie 2022 het die Hartswater K9, Hoofwegpatrollie en lede van Misdaadvoorkoming, inligting ontvang van persone wat na bewering in besit van onwettige vuurwapens is.

“Lede het dadelik opgetree en na ‘n huis in Andersonstraat in Hartswater gegaan. Twee verdagtes is op die perseel gevind. Die polisie het die huis deursoek en vier tuisgemaakte vuurwapens gevind, wat haelgewere en handwapens en ammunisie insluit,” het Kaptein Olebogeng Tawana polisiewoordvoerder gesê.

Dié vuurwapens is in die leefarea en in die verdagtes se slaapkamers gevind.

Die verdagtes was ook in besit van sketsplanne om vuurwapens te bou, insluitend Nitro Cellulose (geweerpoeier).

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Hartswater-landdroshof verskyn.

Tawana het gesê dat die Francis Baard-distrikskommissaris, Generaal-Majoor Johan Bean, het lede wat by die arrestasie van die verdagtes betrokke was, geloof.

Sunè Cloete

Related post