Man wat agtjarige dogter vermoedelik verkrag het, bly in aanhouding

 Man wat agtjarige dogter vermoedelik verkrag het, bly in aanhouding

Die 26-jarige Aobakwe Johnny sal weer volgende week na die Jan-Kempdorp landdroshof terugkeer, vir ‘n formele borgtogaansoek.
Johnny is op 10 Maart in hegtenis op klagtes van verkragting van ‘n agtjarige dogtertjie.
‘n Streekswoordvoerder vir die polisie, Mojalefa Senokoatsane, het bevestig dat die dogtertjie se antie die voorval by die polisie aangemeld het.
“Johnny het vroeër vandeesweek vlugtig in die hof verskyn, waar hy aangedui het dat hy om borgtog wil aansoek doen,” het Senokoatsane bygevoeg.
Hy sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning en die saak is intussen uitgestel tot 9 Mei 2022.

Courtney Saal

Related post