Ondersteuningsprogram bied hulp aan klein sakeondernemings.

 Ondersteuningsprogram bied hulp aan klein sakeondernemings.

Boikanyo Solar het onlangs verskeie industriesektore en klein besighede rondom Douglas, in die Noord-Kaap aan werkshulpbronne en–materiaal voorsien, om besigheidsgroei te bevorder as deel van hulle Development Accelerator-program.
Die doel van die finansiering is om toe te sien dat klein besighede, die nodige hupstoot kry om struikelblokke in die besigheidsindustrie te oorkom.
Die intervensie is gebaseer op ‘n deeglike en analistiese studies aan behoeftes,wat uitgevoer is en daaropvolgende assesserings van die besighede wat aan die 2021 Boikanyo Solar Enterprise Development (ED)-program deelneem.
Die Business Accelerator-program is ‘n 12-maande-inkubasie-, mentorskap- en ED-intervensie, wat die basis sal vorm om verder uit te brei na ‘n Business Incubator-program.
Die program poog ook om die omset van die besigehede te verhoog, asook om die werksgeleendhede en doeltreffendheid van die besighede te versterk.
Die Gemeenskapskakelbeampte van Boikanyo Solar, Pamela Matyeka, sê dat een van die uitdagings wat in die basislynstudie uiteengesit is, die behoefte insluit om KMMO’s rondom Douglas met toerusting of materiaal te ondersteun.
“Dit is om hulle te help groei, hulle te bemagtig, hulle te ondersteun, en om ‘n ondersteunende en bemagtigende omgewing te bied in die gemeenskappe van Douglas met gebrekkige hulpbronne, daarom het ons befondsing en ondersteuning agter hierdie program geplaas,” het Matyeka verduidelik.
“My maatskappy se hoofdoelwit is om waarde toe te voeg tot die gemeenskap van Douglas in die vorm van werk en vaardighede vir plaaslike inwoners, en sodoende werkloosheid te verminder,” het Mabunda gesê.
Afgesien van die toeristig het die KMMO’s ook ondersteuning in die vorm van mentorskap, afrigting besigheidsnakoming en vele meer ontvang.

Resources: dfa.co.za

SEDA Pixley KaSema. Picture: Supplied

Courtney Saal

Related post