Noord-Kaap kry binnekort ‘n kwekery vir gestroopte inheemse plante

 Noord-Kaap kry binnekort ‘n kwekery vir gestroopte inheemse plante

Foto: Verskaf – LUR Mase Manopole

Die Noord-Kaapse LUR vir Landbou, Omgewingsake, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Mase Manopole, het gesê ‘n kwekery sal gestig word om inheemse plante wat uit die provinsie gesteel is, terug te gee en te kweek.

Tydens haar begrotingsrede, wat sy Dinsdag in Kathu gelewer het, het Manopole verklaar dat die Namakwa-distrik uiters kwesbaar geraak het vir die stropery van endemiese plante en reptiele.

“’n Bedrag van R700 000 is bewillig vir die beskerming van die provinsie se fauna en flora in die Namakwa-distrik, vir die 2022/23 finansiële jaar,” het Manopole gesê.

Sy het bygevoeg dat gekonfiskeerde plante tans op plekke buite die grense van die provinsie aangehou word.

“Dit is belangrik om inheemse plante na hul regmatige habitat te laat terugkeer, weens hul endemiese status en kulturele waarde”, het Monopole gesê.

Sy het bygevoeg dat ‘n werksgroep, bestaande uit ‘n navorsing en ontwikkeling, biodiversiteitsbestuur en ‘n omgewingsgehaltebestuurseenheid gestig sal word.

Gemeenskapsbetrokkenheid vorm ‘n integrale deel van die poging tot stropery en Bewaring Suid-Afrika (CSA).

’n Nie-regeringsorganisasie wat in die Namakwa-distrik werksaam is, sal as ’n strategiese vennoot betrek word, weens sy nabyheid aan geïdentifiseerde brandpunte.

“Die departement sal voortgaan om saam te werk met die polisie in die bestuur van sake wat aangemeld is, en met sy deelname aan Operasie Phakisa om ‘n spoedige en gekoördineerde reaksie op onwettige aktiwiteite, te verseker.

Manopole glo dat werkskepping die oplossing is om die uitdagings van werkloosheid en voedselonsekerheid in die landbousektor, in die provinsie aan te spreek.

Sy het daarop gewys dat die natuurlike hulpbronne in die provinsie baie geleenthede in die onmiddellike en nabye toekoms kan bied.

Manopole het bygevoeg dat R3,9 miljoen opsy gesit is vir die skepping van 181 werksgeleenthede tussen April 2022 en Maart 2023 by die kus, parke, skoonmaak en vergroening van gemeenskapsparke, Covid-19-fasiliteite en by die Barkly-Wes gemeenskapskwekery.

Manopole het belowe dat ‘n staatsveearts deur ‘n publiek-private vennootskap by die De Aar-slagplaas aangestel sal word.

Die totale begroting wat vir die 2022/23-boekjaar toegeken is; R686,1 miljoen en is soos volg verdeel:

  • Landbouprodusente-ondersteuning en -ontwikkeling: R239,2 miljoen
  • Volhoubare ontwikkeling: R27,4 miljoen
  • Landelike ontwikkeling: R20,7 miljoen
  • Uitgebreide Openbare Werke Program Aansporingstoekenning: R3,8 miljoen
  • Omgewing en natuurbewaring: R77,8 miljoen
  • Landbou-ekonomiedienste-program: R12,3 miljoen
  • Navorsings- en tegnologie-ontwikkelingsdienste: R61,3 miljoen
  • Administrasie: R198,1 miljoen
  • Veeartsenydienste: R49,1 miljoen
  • Installering van ‘n mini-akwafoniese stelsel in die Namakwa-distrik: R1,9 miljoen

Marsilino Lapont

http://Marsilino

Catch Marsilino LaPont weekdays between 6am and 9am on Morning Joy! Marsilino is also a radio journalist and news reader for Radio NFM 98.1.

Related post