Voor die Nasionale Vrouedagvieringe wat Vrydag (09/08/2024), in Pofadder plaasvind, het meer as 100 Vroue Kleinsake-eienaars by die Upington Inn saamgekom.

Die sake-eienaars het saamgekom onder die tema, ’30 jaar van Demokrasie vir Vroue-ontwikkeling’, dit ter viering van die vordering wat die regering gemaak het in die ekonomiese emansipasie van vroue.

Die vroue by die geleentheid het erkenning gegee aan die vordering wat die regering gemaak het sowel as die ondersteuning wat aan hulle as Klein, medium en makro ondernemings in die provinsie verskaf het.

In sy toespraak het die Premier van die Noord- Kaap dr. Zamani Saul die sake-eienaars versoek om substantiewe areas in die ekonomie te identifiseer waar hulle sinvol kan deelneem.

Die Premier het ook die regering se toewyding om die groei van ondernemings in vrouebesit te verseker, beklemtoon.

 Die Minister, in die Presidensie, me. Chikunga het veral jong vroue aangemoedig om geleenthede wat deur die regering verskaf word, aan te gryp.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *