Lede van Upington Grenspolisie bygestaan deur Kimberley misdaadintelligensie, ZFM Hoofwegpatrollie, Upington POP en SARS Doeane het gereageer op inligting oor beweerde onwettige sigarette wat op Donderdag, 29 Februarie 2024 by een van die groothandelaars in Upington gestoor en verkoop word.

“Die polisie het ‘n deursoeking en beslaglegging op die perseel uitgevoer en onwettige sigarette ter waarde van R 2 602 490.00 is ontdek en beslag gelê, het ‘n polisiewoordvoerder adjudant offisier Omphile Masegela, gesê.

’n Ondersoekdossier is geopen en die sigarette is aan Doeane oorhandig vir verdere ondersoek.

Die polisie sal voortgaan met pogings om die handel in onwettige sigarette aan te spreek en te verseker dat die oortreders voor die gereg gebring word.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *