Minister Ndabeni-Abrahams gee hoop aan plaaslike klein besighede

 Minister Ndabeni-Abrahams gee hoop aan plaaslike klein besighede

https://cisp.cachefly.net/assets/articles/images/resized/0000989093_resized_stellandabeniabrahams6061020201022.jpg

Die Minister van Klein besigheids ontwikkeling, Stella Ndabeni-Abrahams, en die Noord-Kaapse premier, Dr. Zamani Saul, het gister Carnarvon besoek, om ekonomiese groei en die ontwikkeling van informele klein, medium en mikro-ondernemings (KMMO’s) en koöperasies te bevorder.

Toerusting ter waarde van sowat R500 000 is ook aan 44 begunstigdes oorhandig.

Premier Saul het ‘n bykomende R10 000 aan elk van die klein besighede beloof.

Dit kom nadat Ndabeni-Abrahams Springbok op Dinsdag besoek het.

Sy gaan die ministeriële roadshow voortsit op De Aar, Douglas, Phokwane en dan die Sol Plaatje Munisipaliteit.

‘n Soortgelyke program is ook intussen op Hopetown van stapel gestuur.

Die woordvoerder van die departement van klein sake ondernemings, Noko Manyelo, het gesê die inkorporering van die informele ekonomie by die hoofstroom, sal die kwesbaarheid en uitsluiting van diegene wat in hierdie sektor werk, verminder.

“Die KMMO-sektor is geïdentifiseer as kritiek met betrekking tot armoede, werkloosheid en ongelykheid,” het Manyelo gesê.

Die doel van die program is om ’n omgewing te skep wat volhoubare ekonomiese groei in die informele ekonomie ondersteun.

Hy het bygevoeg dat kwalifiserende entrepreneurs van basiese besigheidsbestuuropleiding voorsien sal word, gevolg deur ‘n 100 persent toekenning vir die verkryging van basiese toerusting en gereedskap ter waarde van tot R80 000.

Marsilino Lapont

http://Marsilino

Related post