Sowat 200 000 huishoudings in Noord-Kaap getel tydens #Sensus2022

 Sowat 200 000 huishoudings in Noord-Kaap getel tydens #Sensus2022

https://www.moneyweb.co.za/wp-content/uploads/2022/02/file-20220203-27-t0p900.jpeg

Statistieke Suid-Afrika het onlangs bevestig dat byna 200 000 huishoudings in die Noord-Kaap alreeds in vanjaar se sensusopname getel is.

Telwerk het verlede maand stamperig begin weens vertragings in die opleiding van veldwerkers.

Noord-Kaap Statistiek SA Hoof, Deon Kleinsmith, sê hy doen alles in sy vermoë om die meer as 400 000 huishoudings en die 1,3 miljoen bevolking getel het.

“Die telling van die bevolking vorder goed. Ons het ongeveer 8 miljoen huishoudings in die land gedek en in die Noord-Kaap is byna 200 000 gedek en as ons na die data kyk, het mense gekies om die vraelyste self te voltooi. Ons het gesien dat landwyd sowat 456 000 huishoudings vir daardie opsie geregistreer het,” sê Kleinsmith.

OFM Nuus het intussen gerapporteer dat die vertragings in telwerk maak dat inwoners hul geduld verloor.

“Ek kan nie onthou dat ek ooit getel is nie. Ek sien altyd die statistieke en die syfers maar ek weet nie of ek deel daarvan is of nie,” sê een inwoner.

Nog ’n inwoner sê: “Ek is nie getel nie; selfs my vriende by die gemeenskap is nie getel nie. So, ons voel dat ons nie ingesluit word nie. Ons word nie ernstig opgeneem nie.”

Marsilino Lapont

http://Marsilino

Related post