’n Kringtelevisie-kamera in die Gamsberg Kloof buite Aggeneys, het gister die teenwoordigheid van een, moontlik twee, luiperde bevestig.
Volgens die Biodiversiteitsafdeling by Vedanta is luiperds gewoonlik sku en vermy menslike kontak, maar kan gevaarlik wees as hulle gekonfronteer, beseer of ’n wyfie met welpies is.
Die inwoners van Aggeneys word intussen versoek om asb versigtig te wees, veral die werkers rondom die kloof.
Inwoners word gevra om waarnemings te rapporteer, in voertuie of binnenshuis te bly.
