Vedanta Zinc International (VZI), ‘n wêreldleier in natuurlike hulpbronne, het ‘n belangrike “Expression of Interest” (EOI) bekend gemaak waarin hulle op soek is na strategiese vennote vir die verskaffing van ‘n wye reeks groor maat kommoditeite en reagense vir sy plantbedrywighede by beide Gamsberg en Black Mountain Mining (BMM) naby Aggeneys.

Die oproep, wat ‘n beduidende geleentheid vir verskaffers in die mynbou- en industriele sektor bied, behels die lewering van sleutelmateriaal soos maalmedia, kalk, sianied en verskeie spesialischemikalieë.

Die geskatte jaarlikse volumes wat benodig word, wissel van honderde tot duisende ton per item, wat dui op die omvang van hierdie langtermynkontrakgeleentheid.

VZI, wat deel uitmaak van die multinasionale Vedanta Limited met ‘n markkapitalisasie van US$30 miljard, beklemtoon sy toewyding tot die gebruik van moderne tegnologie en verantwoordbare mynboupraktyke.

Die maatskappy nooi “like-minded” en strategiese verskaffers om saam met hulle gedeelde groei te dryf en waarde vir alle belanghebbendes te skep.

Hoe om aan te meld
Geïnteresseerde verskaffers wat die kapasiteit het om die geskatte jaarlikse volumes te lewer, word genooi om hul voorleggings te doen.

Aansoeke kan vir die volledige pakket of vir individuele produkte ingedien word.

Die nodige dokumentasie sluit in:

  • ‘n Maatskappyprofiel
  • Gesertifiseerde maatskappyregistrasiedokumente
  • ‘n Lys van bestaande kliënte en verwysings
  • Enige ander geskikte en ondersteunende geloofsbriewe.

Hierdie EOI bied ‘n uitstekende kans vir gevestigde verskaffers om ‘n langtermynverhouding met ‘n globale mynboureus aan te knoop en ‘n vitale rol te speel in die sukses van een van die Noord-Kaap se belangrijkste ekonomiese dryfvere.

VIR MEER INLIGTING
Geïnteresseerde partye word aangemoedig om die volledige lys van benodigde produkte en spesifikasies in die amptelike aankondiging na te gaan en hul voorleggings dienooreenkomstig voor te berei.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *