Met die 16 dae van geen geweld teen vroue en kinders wat volgende maand afskop, dra die personeel van Namakwa Distriksmunisipaliteit elke Donderdag swart.
Die rede daarvoor is ter ondersteuning van die veldtog wat jaarliks tydens die 16 dae intens daarop gefokus is.
16 Dae van Aktivisme van geen gewld teen vrouens en kinders is ‘n internasionale bewusmakingsveldtog en vind jaarliks plaas vanaf 25 November tot 10 Desember.
Geweld teen vroue en kinders is ‘n ernstige en kommerwekkende probleem in die land.
Hierdie tipe geweld kan verskeie vorme aanneem, onder andere fisiese, emosionele en finansiële mishandeling, seksuele aanranding en verkragting.
