Die Namakwa Distriksmunisipaliteit (NDM) het gister haar Tegniese Inter-regeringsverhoudinge- en IDP Rep-forum by die munisipaliteit aangebied.

Die vergadering is bygewoon deur verskeie rolspelers en plaaslike munisipale bestuurders, asook die senior bestuurders van die Namakwa Distriksmunisipaliteit.

Die vergadering was onder voorsitterskap van die munisipale bestuurder van NDM, mnr Sydney Adams met medevoorsitter, me Samantha Titus-Tatas, munisipale bestuurder van die Khai Ma-munisipaliteit.

Die voorsitter het die vergadering met ‘n inleidingsronde geopen en ‘n verwelkomende woord aan alle teenwoordigers gedeel.

Hy het die belangrikheid van bywoning van die Tegniese IGR beklemtoon, aangesien dit ‘n platform is waar verskillende rolspelers en munisipaliteite die geleentheid het om kennis en strategieë te betrek en uit te ruil, asook om terug te rapporteer aan die Politieke IGR.

Die voorsitter het ‘n beroep op die departemente en munisipaliteite gedoen om mekaar se programme met betrekking tot gemeenskapsontwikkeling te ondersteun.

Die volgende punte was bespreek:

  • Die vordering met die Karoo-Hoogland-ramp wat op 3 Februarie 2024 weens erge storms plaasgevind het.
  • Die Distriksontwikkelingsmodel: Die aktivering van prioriteitsprojekte
  • Voorwaardelike toelaebesteding
  • Oudituitkoms: Operasie Skoon Oudit
  • Vul van Senior Bestuurder vakatures
  • GOP – Begrotingsoorsig 2024/2025.

Departemente het ook die geleentheid gekry om hul huidige projekte aan te bied.

Die vergadering was insiggewend en die voorsitter het almal bedank wat die vergadering bygewoon het.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *