Tydens die Namakwa Distriksmunisipaliteit se raadsvergadering wat vroeër laasweek plaasgevind het, is die 2024/2025 Geïntegreerde ontwikkelingsplan en begroting voorgehou en deur die raad goedgekeur.
Verteenwoordigers van die Munisipale Digitale Hub het ‘n voorlegging aan die Raad gedoen, én die Raad het R250 000 aan die Digitale Hub geskenk.
Die raad van Namakwa Distriksmunisipaliteit is opgewonde oor die geleenthede wat die Digitale Hub aan die distrik se jeugdiges gaan bring.
Van al die digitale hubs, sal dié die eerste een by ‘n TVET Kollege wees.











