Die Operasie Vala Umgodi multi-dissiplinêre span het op Sondag, 26 Mei 2024 misdaadvoorkomingsaktiwiteite in Springbok uitgevoer.

Terwyl hulle patrollies in die gebied gedoen het, het die span inligting ontvang oor beweerde dwelmhandelaktiwiteite by ‘n spesifieke huis in Bergsig, Springbok.

Die span het die inligting geoperasionaliseer, vinnig gereageer en die huis deursoek.

“Sakke dagga met ‘n geraamde straatwaarde van R200 000 is teruggevind.   ‘n 34-jarige manlike verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van dagga. Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn,” het die Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Molefi Shemane gesê.

Die provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola het die span geloof vir hul volgehoue pogings in die stryd teen onwettige mynbou en ander verwante misdade in die Namakwa-distrik.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *