Die Namakwa Digitale Hub fokus op die bevordering van toekomsgereed vaardighede oor diverse industrieë, en sal dien as ‘n katalisator vir tegnologiese innovasie en ekonomiese groei.

Die nuwe hub was deur die raadslede van die Namakwa Distriksmunisipaliteit onder leiding van die uitvoerende burgemeester mnr. Mervin Cloete, die speaker me. Gillian Pieters en die munisipale bestuurder mnr. Sydney Adams besoek.

Die nuwe Hub het ten doel om ‘n ekosisteem te bou wat hoë-potensiaal Tegnologie-ondernemings, voetsoolvlak-innoveerders, klein TVET-basis ambagsondernemings en hoëgroei-entrepreneurs sal koester, wat noodsaaklike ondersteuning vir hul ontwikkeling sal bied.

Met die nuutste fasiliteite soos 480m2 Innovation Hub, Co-Work and Co-Creation Spaces, 30-Seater Coding Lab, Makerspace, Rapid Prototyping Lab en die grootste geboude Drone Docking Station en Cloud Data Center, is Namakwa Digitale Hub gereed om Namakwa aan te dryf tot ‘n florerende middelpunt van digitale uitnemendheid en entrepreneuriese dinamika.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *