Die begrafnis van die ontslape Pieter Theodore Alexander (PTA) Cloete het op Saterdag, 07 Januarie 2023 plaasgevind nadat hy sy stryd teen kanker op 28 Desember 2022 verloor.
Ten tyde van sy heengaan was hy 31 jaar in die onderwyssektor vanaf ‘n posvlak-1 opvoeder, later adjunk-opvoedkundige spesialis en Distrik Direkteur vanaf 2019.
Die huisdiens het plaasgevind in Simonsig op Bergsig, waarvan die stoet beweeg het na Steinkopf waar Cloete uit die Lutherse Kerk begrawe was.
Die begrafnis was bygewoon deur die provinsiale uitvoerende lid van die ANC, mnr. Bentley Vass, die ANC streeksvoorsitter, mnr. Mervin Cloete, die streeksekretaris Alinda Beukes, en woordvoerder van die ANC Bertie Saal.
Die diens was waargeneem deur Bishop Bowles wat sy preek gelewer het uit 2 Konings 25.
Bishop Bowles het aangedui dat Cloete was versot op sy naam Pieter, omdat dit in Grieks beteken rotsvas of die rots waarop Ek bou.
Dit was Bishop Bowles se vertroostende boodskap aan die bedroefde familie en vriende van Cloete.
‘n Spesiale huldeblyk was gelewer deur die hoof van die Departement van Onderwys in die Noord Kaap, mnr. Zolile Monakali, wat klem gelê het op die belangrike rol en die stigting van SADTU, waarvan Cloete een van die stigterslede was.
Hy was ook ‘n voormalige voorsitter van SADTU.
PTA het studeer aan die Universiteit van Wes-Kaap, beter bekend as UWK, waar hy sy graad in Onderwys verwerf het.
Daarna het hy by Kharkams Hoërskool sy loopbaan in onderwys begin, alhoewel sy hoofvakke Afrikaans en Geskiedenis was, het hy sy eerste jaar op diè skool Engels aangebied.
“Hy was ten alle tye geloof vir sy standpunt, karakter, sy vernuf vir tegnologie, maar ook sy rol om onderwys na hoër hoogtes in Namakwaland te vat. Hy was geloof vir sy onderskeie pogings wat hy aangewend het om ‘n engelse medium skool in Namakwaland te kon bring, sodat die medium van onderrig in Engels kan moontlik gemaak word.”
Hy is te ruste gelê by die Steinkopf begrafplaas waar om Jopie met sy saxofoon liedere gespeel het en hy op ‘n toepaslike wyse te ruste gelê was.
