Die raadslid van Wyk 8, wat bestaan uit Komaggas, Buffelsrivier en Kleinzee, Amos Polori het dit op homself geneem om Namaqua Recovery Halfway House na Kleinzee en Kommagas te nooi om hulle as ‘n sentrum aan die gemeenskappe bekend te stel.

Die Halfway Recovery House is op Nababeep geleë en bied ondersteuning aan vervalle persone wat hulp benodig met betrekking tot dwelmmisbruik.

Die roadshow het ook ‘n vennootskap gevorm met die wyksraadslid en sy wykskomitee.

Tydens die uitreiking was die gemeenskapslede ook bewus gemaak van wat Menseregtedag is, die doel daarvan en gekyk na die geskiedenis van dit.

Daarop het hulle beklemtoon dat die gemeenskap het reg om op te staan teen die misbruik van dwelms en as hulle gewaar daar dwelms verkoop word op hul onderskeie dorpe.

Die verkoop en misbruik van dwlems in hul gemeenskap is ‘n groot uitdaging.

“Ek wil baie dankie sê aan pastoor Andy Brandt en die dames en here wat hulle getuienis gelewer het van die misbruik van dwelms en hoe hulle vandag genees/verlos is van die gewoonte, nadat hulle deel was en is van die Namaqua Recovery Halfway House,” het Amos gesê.

Palori het ‘n vergadering met De Beers gereël om te verseker dat hulle bydra tot die opbouing van die Namaqua Recovery Halfway House.

Deur sy betrokkenheid kon hy daarin geslaag om ‘n skenking in die vorm van ‘n slim-TV te ontvang wat deur die nie-regeringsorganisasie gebruik kan word.

Hy verdien ‘n applous vir sy pogings om verandering in sy gemeenskap te bring.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *