Die plaaslike kliniek op Okiep hou elke jaar sowat twee keer ‘n Opedag, en probeer altyd om soveel inwoners as moontlik bewus daarvan te maak.

Om daardie rede was die besluit geneem om die geleentheid op Vrydag, 24 Maart 2023 te hou wanneer die internasionale gemeenskap Wêreld TB-dag herdenk.

Daar sal verskeie gesondheidsdienste beskikbaar wees, naamlik; bloeddruk- en diabetes lesings, papsmere, borsondersoeke, prostaat ondersoeke vir mans, MIV berading en –toetsing.

Die kliniek gaan ook inentings toedien teen Covid-19 en masels.

Verder het die kliniek dit goedgedink om ‘n dieetkundige, ‘n fisioterapeut asook ‘n TB-koördineerder uit te nooi, om hul dienste gratis aan die publiek beskikbaar te kan maak.

Verpleegsters en gesondheidswerkers van die Okiep Kliniek het ‘n beroep gedoen op inwoners, om die kliniek op hierdie dag besoek en gebruik te maak van al die gratis dienste, wat vir een dag, op een plek beskikbaar sal wees.

Written by:

Catch Marsilino LaPont weekdays between 06H00 - 09H00, on Morning Joy! LaPont is a radio news anchor, radio journalist and presenter.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *