Die matrikulante het vandag begin met die Nasionale Senior Sertifikaat eksamen.
Ouers, opvoeders en die gemeenskap word gevra om die matrikulante te ondersteun tydens die belangrike eksamen van hul skoolloopbaan.
In die tussentyd wens die Richterveld munisipaliteit se burgemeester mnr. Cornell Knoph, namens die progressiewe bestuur en hardwerkene bestuur die Graad 12’s van 2023 alle sterkte toe met hulle Nasionale Senior Sertifikaat- eksamen, toe.
Die LUR van die Noord- Kaapse departement van Onderwys, Zolile Monakali en waarnemende Hoof van die Departement, mnr Gideon Oliphant het die begin van die 2023 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen by Hoërskool Tetlanyo in Kimberley gemonitor.
Alle kandidate het vir die eerste keer vandag gesit om die Engelse Vraestel 1 te skryf.
“Ons het ‘n totaal van 15 673 kandidate geregistreer, waarvan 13 097 kandidate voltyds en 2 576 deeltydse kandidate is. Die Noord-Kaap het 146 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen skryfsentrums geïdentifiseer, wat deur provinsiale en distriksamptenare geoudit is, gebaseer op ‘n nasionale instrument,” het die Monkali gesê.
