Eskom sal ‘n beplande kragonderbreking hê vir instandhoudingswerk wat op hul netwerk en substasies gedoen moet word.
Die substasies wat geraak sal word, is Nama-, Gomis en Oranjemund.
Die munisipaliteite in die Namakwa-distrik wat geraak sal word, is Nama Khoi, Kamiesberg en Richtersveld.
Dit sal môre plaasvind tussen 6uur in die oggend tot 6 in die aand.
Eskom vra om verskoning vir enige ongerief wat as gevolg van die kragonderbreking mag veroorsaak word en sal poog om die toevoer so gou as moontlik te herstel.
Neem asseblief kennis dat alle elektriese installasies en toerusting as lewendig beskou moet word vir die volle duur van die genoemde onderbreking.
