Nege leerders van Laerskool Jan Kempdorp is in die hospitaal opgeneem vir vermoedelike voedselvergiftiging nadat hulle siek geword het na wat beweer word dat hulle skyfies geëet het wat hulle op pad skool toe gekoop het.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van onderwys, het gesê die nege leerders het mediese behandeling ontvang nadat hulle aan maagkrampe, gevoelloosheid en hoofpyn gely het.

“Die departement is bewus van ‘n moontlike voedselvergiftigingsvoorval wat op 23 Oktober 2023 by Laerskool Jan Kempdorp plaasgevind het, waar nege leerders siek geword het nadat hulle skyfies op pad skool toe gekoop het,” het Van der Merwe gesê.

“Die leerders is hospitaal toe geneem nadat hulle tekens van maagkrampe, gevoelloosheid en hoofpyn getoon het. Hulle is behandel en uit die hospitaal ontslaan nadat hulle buite gevaar verklaar is.

“Die departement is tevrede met die wyse waarop die skool die voorval hanteer het en die ondersteuning wat die kringbestuurder, gesondheidsbeamptes en die kantoor van die burgemeester verskaf het.

“Ons doen verder ’n beroep op ouers en skoolgemeenskappe om op hoë waaksaamheid te wees en na te gaan watter produkte en versnaperinge hul kinders eet en koop,” het Van der Merwe afgesluit.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *