Die historiese 50ste herdenking van die Soweto-opstand is op Jeugdag, 16 Junie 2026, regoor Suid-Afrika herdenk.

Die dag bring hulde aan die jongmense wat in 1976 opgestaan het teen die gebruik van Afrikaans as medium van onderrig in skole en word beskou as ‘n keerpunt in die land se bevrydingstryd.

Vanjaar se viering is gehou onder die tema RESET@50 – Die Toekoms Roep”, met die slagspreuk “Ons Nasionale Verbintenis tot die Toekoms, want Vryheid Leef in Elke Generasie”.

As deel van die Noord-Kaapse regering se Diensbeursprogram het die Departement van Onderwys verskeie inligtingsmateriaal, waaronder grondwetboekies en pamflette oor Vroeë Kinderontwikkeling (VKO)-riglyne, aan gemeenskapslede uitgedeel.

Die uitreiking het plaasgevind tydens ‘n goed bygewoonde geleentheid waar die Noord-Kaapse Premier, dr. Zamani Saul, die gehoor toegespreek het.

Die Soweto-opstand van 1976 word steeds as een van die belangrikste gebeurtenisse in Suid-Afrika se geskiedenis beskou.

Sedert die aanbreek van demokrasie in 1994 is Junie as Jeugmaand verklaar, met 16 Junie wat jaarliks as Nasionale Jeugdag gevier word om die bydrae en opoffering van die jeug te herdenk.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *