Die onafhanklike kragprodusent Enernet Global (Enernet) het vandeesweek aangekondig dat hy ‘n kragkoopooreenkoms (PPA) onderteken het om ‘n 12MW DC-sonkragfotovoltaïese (PV)-aanleg met Vedanta Zinc International (VZI) se Black Mountain-mynboubedrywighede te bou, te besit, te bedryf en in stand te hou.

Die aanleg sal jaarliks 29 gigawatt-ure elektrisiteit opwek, wat ‘n gedeelte van die huidige Eskom-toevoer vervang.

Dit sal koolstofvrystellings met sowat 12 244 ton per jaar verminder vergeleke met Eskom-toevoer.

Bouwerk sal na verwagting in die eerste kwartaal van 2024 begin en ongeveer nege maande neem om te voltooi. 

Die projek gaan ook direkte en indirekte werksgeleenthede in die Khâi-Ma munisipale gebied en Namakwa-distrik genereer.

Pushpender Singla, VZI se uitvoerende direkteur en finansiële hoof, het gesê: “ESG is die sleutelfokus by VZI. In ooreenstemming met ons agenda om die planeet ten goede te transformeer, het ons ons daartoe verbind om koolstofvrystellings met 35 000 ton te verminder en 76% hernubare energie te installeer teen 2027. Ons doelwit is koolstofneutraliteit teen 2040. Ons is opgewonde om saam met Enernet in vennootskap te gaan op hierdie 12MW sonenergieprojek, wat emissies sal verminder en energiebetroubaarheid en sekuriteit sal verbeter.”

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *