As deel van Noord- Kaapse departement van Gesondheid se voortdurende pogings om die publiek oor geestesgesondheid op te voed en die stigma en diskriminasie rondom geestesongesteldheid te verminder het die Noord-Kaapse LUR van Gesondheid, mnr Maruping Lekwene saam met die LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, mnr Abraham Vosloo, burgemeester van Kai !Garib plaaslike munisipaliteit, Marshall Matthys en wyksraadslede het ‘n goed georganiseerde Geestesgesondheidsaktiwiteit by Freedom Square in Kakamas, Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit, aangebied.

Die maand van Oktober is aangewys as geestesgesondheid bewusmakingsmaand en alle aktiwiteite wat onderneem sal word, sal baie help om bewustheid oor geestesgesondheidsiektes in die samelewing te verhoog.

Die tema vir vanjaar se geestesbewustheidsmaand is, “geestesgesondheid is ‘n universele reg”.

Die klem is om kennis te verbeter, bewustheid te verhoog en aksies te dryf wat almal se geestesgesondheid as ‘n universele mensereg bevorder en beskerm.

Hierdie maand word gewy om bewustheid oor geestesgesondheid te skep, en LUR Lekwene het alle deelnemers en diegene bedank wat hul moeite en harde werk gedoen het om te verseker dat hierdie dag ‘n sukses word.

Geestesgesondheidsdienste is ter plaatse beskikbaar gestel, met ander reeks gesondheidsorgdienste aan gemeenskapslede.

Geestesongesteldheid kan behandel en voorkom word.

As jy ‘n geestesongesteldheid vermoed, besoek jou naaste kliniek of dokter.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content