Ter viering van die ryk kulturele erfenis het die Noord-Kaapse Provinsiale Regering, onder leiding van die waarnemende premier, me. Desery Fienies, Erfenisdag saam met die Platfontein-gemeenskap gevier.
Die San-gemeenskap van Platfontein bestaan uit twee gemeenskappe; die !Xun en die Khwe.
Hulle word beskou as die eerste generasie Afrikane wat voorheen nomadies as lede van klein gemeenskappe in sommige van die mees geïsoleerde gebiede van Suider-Afrika gewoon het.
Die !Xun die Khwe is bekend vir hul kenmerkende kliktaal en hul ryk kultuur wat gewortel is in duisende jare van jag en versamel.
Erfenismaand word gevier onder die tema ‘viering van ons kulturele diversiteit in ‘n demokratiese Suid-Afrika’.









