Die premier van die Noord-Kaap, dr. Zamani Saul, het saam met die LUR verantwoordelik vir Paaie en Openbare Werke (DRPW), LUR Fufe Makatong, die Sertifiseringseremonie behartig van ambagsmanne wat deur die Phakamile Mabija en die MERSETA Vakleerlingskapprogramme gekwalifiseer het.

In die konteks van die hoë jeugwerkloosheidsyfer en die tekort aan ambagslui, sal DRPW voortgaan om die jeug ‘n geleentheid te bied om ‘n formele kwalifikasie te verwerf en aktief by te dra tot die ekonomie van die Noord-Kaap Provinsie.

Met ‘n teiken van 112 995 EPWP-werksgeleenthede wat vir die volgende vyf jaar gestel is, het Premier Saul ‘n oproep aan almal teenwoordig gedoen om hulself binne die visie van ‘n moderne, groeiende, suksesvolle provinsie te plaas.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *