Die Noord-Kaapse Departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme sê hy sal teen senior bestuurder, Darius Babuseng, optree ná sy moorduitspraak.

Babuseng is uit op borgtog tot sy volgende hofverskyning in die Noordwes se Molopo-streekhof.

Hy sal na verwagting in September gevonnis word nadat hy daarvan aangekla is dat hy ‘n man met ‘n bottel doodgesteek het tydens ‘n stryery in 2020.

Die departement se kommunikasiebestuurder is Thandi Modibela.

“Mnr Darius Babuseng is steeds in diens van die departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme.Hy is tans nie geskors nie en die departement sal behoorlike proses volg sodra ons bewus word van sy vonnisoplegging.”

Written by:

Catch Marsilino LaPont weekdays between 06H00 - 09H00, on Morning Joy! LaPont is a radio news anchor, radio journalist and presenter.