Die grootste euwel in ons land/gemeenskap – SELFDOOD[DEPRESSIE]

 Die grootste euwel in ons land/gemeenskap – SELFDOOD[DEPRESSIE]

Foto : Verskaf – Facebook

Jongmense regoor Suid-Afrika word tans betrek by die grooste euwel genaamd depressie.

Al hoe meer jeugdiges word daagliks met ‘DEPRESSIE’ gediagnoseer.

Dit gebeur meestal wanneer jeugdiges deur traumatiese ervarings gaan en nie ‘n persoon/berader het om mee te gesels oor wat in die verlede gebeur het en dan sukkel om daaroor te kom.

Die feit dat ‘n jong persoon nie met ‘n persoon kan kommunikeer nie, dink hy/sy dit is dalk die enigste oplossing om depressie te oorkom deur selfmoord te pleeg.

Die jeug voel teneergedruk en sodoende word hul waardigheidskompleks tot niet verklaar as gevolg van groepsdruk.

Ouers met tieners moet in ag neem dat hul kinders met depressie sukkel.

Dit is dus ouers wat die mees belangrikste rol in hul kinders se lewe speel, dus is dit noodsaaklik om ook te weet wat in hul lewens plaasvind.

Ek myself het my op ‘n tyd bevind in die donker plek van depressie.

Dis ‘n gevoel wat ek nie eens aan my vyand sal toewens nie. Ek het my bevind in die stadium van nie meer kan nie, want alles was te oorweldigend.

Deur dit het ek gesukkel om my selfvertroue wat ‘n knou gekry het terug te wen.Ek was oortuig dat ek nog nooit goed genoeg oor myself gevoel het nie en dis waar ek die besluit geneem het wat amper my lewe gekos het.

Terwyl ek in ‘n soorte beswyming was, het ek geveg met verskillende emosies wat ek in my binneste gedra het.

Selfdood was onsuksesvol, en dis waar ek tot by die beseffing gekom het dat God my met ‘n doel op die Aarde het.

Nou wil ek aan elke tiener wat hulself in die put van depressie vind noem; jy jouself moet begin liefhet, jou selfvertroue terug eien, want jy is soveel meer werd as wat jy ooit aan kon dink.

Jy is ‘n uitverkore geskenk en jy kan alleenlik jou stryd oorwin.

Doen jouself ‘n guns en vind ’n berader/familielid wat jou nie sal oordeel nie.

Jy alleen kan bepaal hoe jou lewe moet afloop, maar weet dat wat jy saai sal jy maai.

Jy as tiener, is self die kaptein van jou skip.

Doen wat vir jou goed is en wat jou die mees gelukkigste mens op Aarde sal maak, want niemand anders kan jou gelukkigheid bepaal, behalwe jyself nie.

Depressie sal jou nie kan onderkry as jy vir God aan jou sy het nie, want jy is uitverkore.

Jy is die CHOSEN ONE.

Niemand sal dit ooit van jou kan wegneem nie.

Ten slotte wil ek neerpen dat jeugdiges elkeen ‘n doel op Aarde het . Soms is ons so vasgevang om selfdood te pleeg , maar ons is bang vir hoe dit familie en vriende sal voel, maar die eintlike rede hoekom ons selfdood wil pleeg is omdat mense ons seer maak.

Sunè Cloete

Related post