‘n Multi-dissiplinêre operasie gelei deur die lede van die Noord-Kaapse voertuigmisdaadondersoekeenheid, het twee aangemelde gesteelde voertuie terug gevind tydens ‘n misdaadvoorkomingsoperasie in Kuruman.

Op Woensdag, 20 Julie 2022, het die span wat uit verskeie wetstoepassingsagentskappe bestaan het, die John Taolo Gaetsewe-distrik toe gestroom, met die fokus om misdade soos diefstal van motorvoertuie aan te spreek, voertuiginspeksies by tweedehandse handelaars, skrootwerwe insluitend kapwinkels aan te spreek.

Ewekansige voertuigkontrolepunte, stop en soektogte, insluitend statiese padblokkades, is uitgevoer.

“Die span het toegeslaan op ‘n Nissan NP 200 en ‘n Polo Classic wat met inspeksie en ondersoek ontdek is dat hierdie voertuie in Gauteng as gesteel aangemeld is. Die wit Nissan NP 200 is in Maart 2019 in Sentraal-Johannesburg as gesteel aangemeld en die wit Polo Classic is in September 2021 in Silverton as gesteel aangemeld,” het Kaptein Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder gesê.

Die span het ondersoeke en inspeksie op die Polo Classic gedoen, en daar is ontdek dat daar met die oorspronklike identifikasie van die voertuig gepeuter is.

Beide voertuie is geskut.

Tawana het gesê dat die verdagtes is agter tralies, onderskeidelik van die besit van gesteelde voertuig aangekla en sal na verwagting binnekort in die Kuruman-landdroshof verskyn.

Written by: