’n Nuwe hoofstuk het vir Hoërskool Concordia begin met die gelyktydige aanstelling van ’n prinsipaal en adjunk-prinsipaal – ’n eerste in die skool se geskiedenis.
Die geleentheid is tydens ’n spesiale byeenkoms gevier.
Die SBL-voorsitter, mnr. J. Muller, het die verrigtinge geopen, gevolg deur ’n boodskap van ds. C. Terblanche, wat dankbaarheid in alle omstandighede beklemtoon het.
Die kringbestuurder, mnr. K. Klein, het die nuwe prinsipaal, me. M. Stone-Coetzee, en adjunk-prinsipaal, me. M. Jones, amptelik voorgestel.
Beide leiers het die gehoor toegespreek, terwyl die hoofdogter, Tyrelle van Rooi, die leerders verteenwoordig het.
Die program is afgesluit met ’n dankwoord en gebed.
Die skoolgemeenskap het hul beste wense uitgespreek en vertrou dat die nuwe leierskap groei en uitnemendheid sal bevorder.









