Nuwe SRD-toelae regulasies sal baie bestaande begunstigdes uitsluit.

 Nuwe SRD-toelae regulasies sal baie bestaande begunstigdes uitsluit.

Vier van die burgerlike organisasies vereis dringende verduideliking van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling (DMO)oor die nuwe regulasies wat volgens hulle die risiko loop om baie bestaande begunstigdes uit te sluit.

Op 22 April was die nuwe regulasies vir die R350-per-maand SRD-toelaag deur die departement bekend gemaak.

Die DMO het verklaar dat die toelae nou ingevolg ‘n nuwe wetgewende raamwerk binne sy Wet op Maatskaplike Bystand voorsien sal word. Aansoeke vir die toekenning moet digitaal voltooi word voor die 15de van die maand en aansoekers sal vir die toekenning oorweeg word vanaf die maand waarin die aansoek ingedien word.

Dit sal elke maand bekragtig word.

Die vier burgerlike organisasie is glad nie gelukkig en het kommer oor die saak uitgespreek in ‘n verklaring wat Maandag laat uitgereik is.

Die vennote van die burgerlike samelewing soek duidelikheid by die DMO oor die onduidelikheid van toelae betalings in April, asook of diegene wat ingevolge die nuwe raamwerk aansoek doen, vir die maand van April betaal sal word.

Die burgerlike organisasies stel hul bekommernisse bekend en intussen was die DMO se plan om konsepbepalings vir basiese inkomste-ondersteuning in 2024 te publiseer, soos onthul in ‘n onlangse jaarlikse prestasieplan-aanbieding aan die parlement se portefeulje komitee, ontstellend vir die vennote van die burgerlike samelewing.

Skakel in op Radio NFM98.1 om 16:10 namiddag waar mev Inno Khunou meer oor die onderwerp sal deel.

Source: moneyway

Courtney Saal

Related post