Besigheidsvroue kom bymekaar om bemagtig te word

 Besigheidsvroue kom bymekaar om bemagtig te word

Die Namakwalandse Kamer van Koophandel (NBK) beoog om inspirasie en leiding aan plaaslike entrepreneurs te verskaf om hul grense te verskuif, nuwe sektorontwikkeling te bevorder en Namakwaland as ‘n prominente ekonomiese krag in Suider-Afrika te sementeer.

Dit is die doel van die NCC en na hul eerste Woman in Business geleentheid plaasgeving het kan daar met sekerheid gesê word dat die NCC hier is vir verandering.

Die besigheidskamer is hier om die sakesektor in Namakwa alles inklusief te maak, om vennootskappe te bou en goeie samewerking te skep en om jong entrepreneurs in te lig en te ontwikkel. Dit is defnitief gestig om ‘n blywende impak te maak.

Die besigheidsaand vir vroue was in samewerking met die NCC en FNB en dit was op ‘n hoë noot afgeskop.

Verskeie vroue in besigheid het die geleentheid bygewoon en dit was ongelooflik.

Die besigheidsvroue kon agteroor sit en ontspan terwyl hulle gemotiveer was deur verskillende sprekers vir die aand, maar die belangrikste is dat hulle kon netwerk en nuwe sakeverhoudings met ander vrouens in die besigheid opbou.

Die motiveringspreker vir die aand was Mnr. Cole Davids van die Organisasie Youth Unplugged van die Wes-Kaap. Tydens sy toespraak het hy die dames uit sy hande laat eet.

Hy het besigheid, geestesgesondheid, selfvertroue, positiewe bevestigings en nog baie meer gedek. Davids het die belangrikheid uitgestippel om kanse te waag en nie jouself te onderverkoop nie.

Sy toespraak was opbouend en geseënd en het die doel van die NCC uitgevoer.

Deur ‘n ingesteldheid van uitnemendheid te skep, vennootskappe te bou en platforms te skep waar samewerking gebou kan word, word daar saam vorentoe gebou en meer geleenthede geskep.

Melvina Mason-Engelbrecht ,nuut verkose voorsitter vir die NCC het in haar toespraak gesê dit is tyd vir die vrou om vry te wees. Dit is die tyd vir die sakesektor in Namakwa om te groei.

Die NCC beoog om maandeliks ‘n Woman in Business-aand te het.

Dit was die eerste van baie wat nog gaan kom en dit was ‘n impakvolle eerste.

Azelle Engelbrecht

Related post