Onbekende vrou se liggam gevind op N7-pad buite Garies

 Onbekende vrou se liggam gevind op N7-pad buite Garies

Illustrasiefoto: Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD)

Die Garies-polisie het op Donderdag, 26 Mei 2022 die liggaam van ‘n onbekende vrou by ‘n stormwater-bruggie langs die N7-pad, 10 kilometer suid van Garies gevind.

Kaptein Abrahams-Willemse het vroeër aan NFM Nuus telefonies vertel dat die onbekende vrou geklee was in swart ski-pants, ‘n blou t-hemp, ‘n donkerblou top, swart skoene met wit sole en swart enkelsokkies.

“Daar was ’n blou/pers kopdoek ook op die toneel. Sy is middelmatig gebou en ongeveer 1.6 meter lank. Sy het swart natuurlike hare van sowat 10 sentimeter kort. Sy het geen bo tande nie en slegs sewe ondertande – middel-voor. Haar geskatte ouderdom is enigiets tussen ongeveer 40- en 50-jaar oud”, vertel Kaptein Abrahams-Willemse.

Die polisie het ook ’n Woolworths-inkopiesak met verskeie plastieksakke waarin toiletware, grys slippers, ’n grys langmou top, pienk trui, grys sweetpakbroek, sokkies en onderklere op die toneel aangetref. ’n Hurricane-selfoon en selfoonherlaaier is ook op die toneel gevind.

Na ondersoeke kon die polisie vasstel dat die Simkaart bel-identiteitsfunksie hulle verwys na ene Enoc Muhongo.

Die selfoon is intussen na die Kimberley Misdaad intelligensie-eenheid gestuur vir verdere ondersoeke.

Die polisie vermoed geen vuilspel op hierdie stadium nie en omliggende gemeenskapslede word versoek om asseblief enige inligting aan die polisie te rapporteer.

Kaptein Abrahams-Willemse het aan NFM Nuus vertel dat dit nie noodwendig ’n aangemelde vermiste persoon is nie.

“Sy kon dalk iewers gaan kuier het of oppad gewees het na haar huis. Help ons asb om haar familie op te spoor”, het Abrahams-Willemse gepleit.

As enigeiemand inligting het rondom hierdie onbekende vrou se verdwying, kan u kontak maak met Kaptein Abrahams-Willemse, by 082 419 0008 of Speurder-konstabel Sias, by 0824484189 of die Garies polisiestasie, by 027 652 1145.

Marsilino Lapont

http://Marsilino

Catch Marsilino LaPont weekdays between 6am and 9am on Morning Joy! Marsilino is also a radio journalist and news reader for Radio NFM 98.1.

Related post