VERMISTE SEUN IN UPINGTON.

 VERMISTE SEUN IN UPINGTON.

Inwoners van Upington in die Noord-Kaap soek al sedert Dinsdag,31 Mei 2022, na ‘n vermiste seunskind.
Maxwell Van Wyk, die vyfjarige Leverno Marthin van Wyk se oom van Louisvale, Upington het gesê dat die seun geheimsinnig verdwyn het terwyl hy met vriende gespeel het.
Die graad R-leerling het ná half 12 van die skool af by die huis gekom en net sy skooltas gelos en vertrek om saam met maats by die treinspoor te gaan speel.
SAPS woorvoerder,Omphile Masigela vertel dat Van Wyk laas gesien was met ‘n geel t-hemp, mosterdbroek en swart stewels toe hy vermis geraak het.
“Die seun is laas gesien speel saam met sy vriende in die omgewing van Skierlik, waar hulle woon. Die polisie is tans besig om saam met die gemeenskap in die omgewing te soek. Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte sers Lebogang Mokwene by 082 330 4478 kontak.” sê Masigela.

Hulle het die vriende gevra, maar daar was teenstrydige stories oor wie laaste met hom was.
Die vriende het wel almal gesê dat hulle nie weet wat van hom geword het nie.
Indien iemand die klein Leverno Marthin van Wyk gesien het of weet waar hy hom kan bevind, kontak asseblief vir Maxwell van Wyk by 076 420 8183 of Mev Solomons by 069 120 3804.

Courtney Saal

Related post