Die polisie in die provinsie gaan voort om die spasie vir dwelmhandelaars te vernou nadat hulle op dwelms beslag gelê het, nadat dit by ‘n koerierdiens in Fraserburg afgehaal is.

Op 1 Junie 2022 om ongeveer 12:10 het die polisie op ‘n wenk gereageer oor ‘n verdagte pakkie, vermoedelik dwelms wat by ‘n plaaslike winkel in die dorp afgehaal sou word.

“Die Fraseburg-polisie het die inligting opgevolg en die verdagte by sy woning opgespoor, waar hulle hom in besit van crystal meth, kokaïen, mandrax-tablette sowel as mandrax-poeier gevind het,” het Kaptein Olebogeng Tawana, polisiewoordevoerder gesê.

Die verdagte is ook in besit gevind van ‘n onbekende bedrag kontant, vermoedelik die opbrengs van dwelmhandel.

’n 48-jarige verdagte is gearresteer en van die handel in dwelms en aangekla.

Die waarnemende distriksbevelvoerder van Namakwa, Kolonel Skalk Andrews het dwelmhandelaars gewaarsku dat die polisie onverpoosd sal voortgaan om dwelmhandelaars se bedrywighede hok te slaan, wat dit vir hulle onmoontlik maak om te werk.

Written by: