Die One Sight Essilor Luxottica-stigting het gister in samewerking met die Noord-Kaapse departement van gesondheid, die Optometrie-kliniek by die Dr. Harry Surtie-hospitaal, op Upington in die ZF Mgcawu-distrik amptelik bekendgestel.

Die geleentheid was bygewoon deur onder andere; die LUR vir Gesondheid, mnr Maruping Lekwene, waarnemende hoof van die departement (HOD), mnr Riaan Strydom, me Ndukuya van die One Sight-stigting, en ander belanghebbendes.

One Sight is ‘n onafhanklike nie-winsgewende organisasie wat toegang bied tot kwaliteit visiesorg, bril en sonbeskerming.

Die totale waarde van skenking deur die stigting beloop R1.2 miljoen.

Dit skenking sluit in toerusting vir beide Dr. Harry Surtie hospitaal, asook die daghospitaal op Galeshewe.

LUR Lekwene het die skenking namens die Provinsiale regering ontvang, en die optometrie fasiliteit verder daartoe verbind om die veiligheid van hierdie toerusting, asook die optimale benutting daarvan tot voordeel van gemeenskappe te verseker.

Written by:

Catch Marsilino LaPont weekdays between 06H00 - 09H00, on Morning Joy! LaPont is a radio news anchor, radio journalist and presenter.