ZFM Hoogweg patrollie het verskeie arrestasies suksesvol uitgevoer

 ZFM Hoogweg patrollie het verskeie arrestasies suksesvol uitgevoer

https://www.aa.com.tr/en/africa/regional-human-rights-courts-sign-cooperation-pact/1630240

Lede van A-Skofse ZFM Hoogweg patrollie het verskeie arrestasies tydens hul skof verseker vir sake wat inbraak en die besit van gevaarlike wapens insluit.

Die lede het op Sondag, 17 Julie 2022 ‘n klag ontvang van inbraak wat aan die gang was by een van die winkels in Upington se middestad.

Hulle het dadelik gereageer en met hul aankoms het die verdagtes te voet na die woongebied gevlug.

“Die lede het twee manlike verdagtes van onderskeidelik 19 en 25 jaar oud, wat steeds in besit van gesteelde goedere was, aangekeer. Die eienaar van die winkel het die goedere positief uitgeken,” het polisiewoordvoerder, Sersant Omphile Masegela, gesê.

Nog ‘n verdagte, 26-jarige man is in hegtenis geneem vir die besit van ‘n gevaarlike wapen nadat die polisie hom met ‘n oop mes in die woonbuurt aangetref het.

Die lede het Maandag 18 Julie 2022 gereageer op inligting rakende ‘n inbraak by ‘n supermark in die dorp wat in die vroeë oggendure plaasgevind het.

Masegela het gesê dat hulle dit opgevolg het en twee verdagtes van 22 en 23 jaar oud is vir huisbraak in hegtenis geneem en die ander verdagte met ‘n bykomende besit van gevaarlike wapen, aangesien hy met ‘n mes in sy besit betrap is.

By verdere ondersoek het nuwe inligting oor nog ‘n inbraak wat by ‘n ander perseel plaasgevind het aan die lig gekom, wat gelei het tot ‘n arrestasie van een manspersoon van 29 jaar oud.

Al die items is as bewysstukke ingeboek.

Die waarnemende distriksbevelvoerder van ZF Mgcawu, Kolonel Peet Coetzee het die lede geloof vir hul meedoënlose pogings om die prentjie van misdaad in die distrik te verander.

Bernadine Hearn

Related post