Opdatering oor watervlakke in die Noord-Kaap

 Opdatering oor watervlakke in die Noord-Kaap

https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/4/4d/Orange_River%2C_South_Africa.jpg

Gemeenskappe, boere en alle watergebruikers in die Benede-Oranje- en Laer-Vaalrivierstelsel word gemaan om op hoë gereedheid te bly aangesien riviere aanhou styg weens swaar reënval.

Stroomop van die stort die Vaaldam teen 111,59% en vloei teen 1196m3/s na ontvangs van 1.6mm reënval.

Een sluishek uit sewe hekke sal toe wees 25 April nadat een 24 April gesluit is.

Vanderkloofdam op die grens van die Vrystaat en Noord-Kaap vloei teen 105,77%

Meetstasies dui aan dat Katlani meetpunt, wat net onder die Vaal en Oranje is riviersamevloeiing in Douglas is op ‘n hoogte van net meer as 6,2 meter.

Upington meetpunt is net meer as 5,6 meter.

Blouputs-meetpunt in die Oranjerivier naby die Augrabies-watervalle is op ‘n hoogte van net meer as 3 meter.

Watervlakke in die Vaal- en Oranjerivierstelsel sal wissel na gelang van die breedte en diepte van die rivier.

Geen ontspanningsaktiwiteite rondom water soos swem, bootry of visvang word hierby toegelaat nie, by die punt totdat vloede bedaar het en geen gevaar vir mense lewens en vee inhou nie.

Die Noord-Kaapse rampspan bly op ‘n hoë gereedheidsgrondslag om aandag te gee aan enige situasie.

Uitgereik deur die Departement van Water en Sanitasie

Bernadine Hearn

Related post