Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur het in vennootskap met Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika, Suid-Afrika Biblioteek vir Blindes, die Uitreik-vleuel van Sentrum vir die Boek ‘n rekordbrekende Kreatiewe Skryfwerkswinkel aangebied met meer as 30 gedeeltelik blinde persone sowel as blinde deelnemers van regoor die provinsie.
Hierdie werkswinkel is die eerste in sy soort in die poging om te verseker dat die provinsie ‘n braille-boek vervaardig wat uit plaaslike stories bestaan.
Die braille-boek sal in al vier provinsiale tale wees en poog om uitgewery vir die Noord-Kaapse leser te verbeter.
Hierdie werkswinkel sal opgevolg word met ‘n Braille Leeswerkswinkel in Mei 2022.
Die Suid-Afrikaanse Biblioteek vir Blindes het lede geseën met genoeg braille-boeke om huis toe te neem.
Hierdie tweedaagse werkswinkels vorm deel van die algehele Wêreldboekdag 2022-vieringe.
Namakwa is verteenwoordig deur John Saal van Concordia, ‘n voormalige brailleskoolleerling wat vlot braille-boeke lees.
