Opelug diens teen panga geweld op dorpie in Namakwa

 Opelug diens teen panga geweld op dorpie in Namakwa

Foto: Verskaf @Top5

Skokvoorvalle van panga-geweld het onlangs kop uitgesteek op Steinkopf, ‘n Namakwalandse dorp in die Noord-Kaap.


Gemeenskaplede lewe al vir ‘n geruime tyd in vrees en sommige bevraagteken die polisie se bevoegdheid om misdaad effektief te bekamp.


Die Steinkopf-gemeenskap in samewerking met plaaslike nie-regeringsorganisasies het gister sover gegaan, om ‘n opelug diens te hou sodat die gevaar aangespreek kan word.


Woorvoerder van die Top5 op Steinkopf, Catherine Britz, het gesê dat ‘n vergadering plaasgevind het, tussen die gemeenskaplede en geestelike leiers van die dorp.

Uit die vergadering was ‘n besluit geneem om ‘n opelug diens te hou op die advieskantoor se gronde.

Verskeie leiers van die dorp was uitgenooi, en alhoewel baie van hulle nie opgedaag het nie, was die diens suksesvol.

Tydens die diens was die plaaslike polisiediens opgedra in gebed in hul afwesigheid.


“‘n Sterk boodskap was uitgedra dat Steinkopf teruggevat gaan word uit die euwels wat hom nou daar afspeel, maar nie deur middel van geweld nie, maar met die volle wapenrustig van God,” het Britz gesê.


Gemeenskaplede het n beroep op die Top5 van die dorp gedoen en ander organisasies om asseblief voort te gaan met die opelug dienste op die dorp.


Met opgewondenheid sien die gemeenskap daarna uit na die nuut aangestelde polisie kaptein wat eersdaags in Steinkopf gaan diens waarneem by die plaaslike polisie kantoor.


Die verskillende organisasies wil graag in samewerking met hom diè dorp weer die ou Steinkopf maak.


”Ons het ‘n pleidooi aan Mnr. Sekia van die Departement van Transport, Veiligheid & Skakeling gerig om dringend Steinkopf toe te kom, om ‘die gemeenskap in blou’ te kom stig. Die hoofrede hiervoor is sodat die gemeenskap saam met die owerhede kan werk om misdaad te bekamp, en ‘n einde te bring aan die panga-geweld op die dorp,” het Britz afgesluit.

Bernadine Hearn

Related post