Die Noord-Kaapse provinsiale SAPD-taakspan, onder leiding van luitenant-kolonel Colin Qunta, in samewerking met die plaaslike polisie in Upington en omliggende gebiede, het “beduidende suksesse” tydens Operasie Shanela op 24 Augustus behaal.
Sersant Omphile Masegela, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die operasie, wat in die ZF Mgcawu-distrik uitgevoer is, het gelei tot die inhegtenisneming van twee verdagtes wat gesoek word vir aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Die taakspan het ook soek- en beslagleggingsoperasies in die Paballelo-omgewing uitgevoer, vyf huise deursoek en nege verdagtes in hegtenis geneem vir dwelmhandel en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.
Verskeie van die verdagtes is ongedokumenteerde buitelandse burgers.
Tydens dié operasies het die polisie beslag gelê op 90 mandrax-tablette met ‘n geraamde straatwaarde van R9 000 en ‘n onbekende bedrag kontant wat vermoedelik dwelmopbrengste is.
Daar is ook beslag gelê op die vermoedelik gesteelde goedere vir verdere ondersoek.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *