Operasie Shanela, bly gefokus op die bekamping van misdaad in die provinsie.
Polisiewoordvoerder, Sersant Timothy Sam het bevestig dat dit is duidelik in die weeklikse arrestasies en polisie-aksies wat sedert Maandag, 01 April 2024 tot Sondag, 07 April 2024 uitgevoer is, met die fokus op die vermindering van kontak- en geweldsmisdade in misdaadbrandpuntgebiede.
Dit het 300 verdagtes opgelewer.
Aksies en polisieaktiwiteite wat tydens die operasies uitgevoer is, het ingesluit voertuigkontrolepunte (VCP’s), stop- en deursoekings, voet- en voertuigpatrollies, nakomingsinspeksies, dwelm- en smokkelaksies.
Verskeie VCP’s en padblokkades is regoor die provinsie uitgevoer waartydens altesaam 3 561 voertuie en 7 696 persone voorgekeer en deursoek is.
1168 nakomingsinspeksies by tweedehandse handelaars, skrootwerwe, private sekuriteit, vuurwapenhandelaars, formele en informele besighede, plase en myne is uitgevoer.
Talle operasionele suksesse is behaal:
“177 verdagtes is aangekeer en gearresteer vir moord, poging tot moord, verkragting, aanranding, huisbraak, diefstal, onwettige besit van vuurwapens, opsetlike saakbeskadiging, handel in dwelms, veediefstal asook die arrestasie ongedokumenteerde immigrante,” het Sam gesê.
124 Daaglikse gesoekte verdagtes is opgespoor en voor die hof gebring vir ontduiking van hofverskynings en oortreding van hofbevele.
Die polisie het beslag gelê op groot volumes alkoholiese drank, insluitend die sluiting van ‘n tarven in Gobblershoop vir die bedryf sonder ‘n dranklisensie, dwelms, nie-ysterhoudende metaal items en kontant wat vermoedelik die opbrengs van misdaad is.
Die waarnemende provinsiale kommissaris van die Noord-Kaap, generaal-majoor Luntu Ngubelanga het sy dankbaarheid teenoor alle wetstoepassingsagentskappe uitgespreek vir die gesamentlike pogings en aksies wat gedurende hierdie tydperk uitgevoer is.
Hy het gesê Operasie Shanela se suksesse tot op hede is te danke aan verbeterde samewerking tussen die private sektor en gemeenskappe in die bekamping van misdaad.